Agamemnon

Definisie

Mark Cartwright
deur , Vertaal deur Willem du Plessis
gepubliseer op 18 September 2018

Oorspronklike teks in Engels: Agamemnon (Person)

Death Mask of Agamemnon (by Xuan Che, CC BY)

Agamemnon was die koning van Micene en die leier van die Griekse leër gedurende die Trojaanse oorlog van Homeros se Iliade. Hy word voorgestel as 'n groot vegter, maar ‘n selfsugtige heerser, wat beroemd was vir sy worsteling met die beroemde held Achilles en sodoende die oorlog en lyding van sy landsgenote verleng het. As 'n held uit die Griekse mitologie, is daar geen historiese verslae van 'n Miceniëse koning met die naam nie, maar die stad was welvarend in die Bronstydperk, en daar was miskien 'n werklike, hoewel baie korter, aanval op Troje gelei deur die Grieke. Albei hierdie stellings word ondersteun deur argeologiese bewyse. Ongelukkig word die beroemde goue masker wat in 'n graf in Micene gevind is en alom bekend staan ​​as die 'Masker van Agamemnon' tot 400 j

Micene

aar vroeër gedateer voor enige moontlike Agamemnon-kandidaat wat pas in 'n chronologie van die Trojaanse oorlog.

Verwyder Advertensies

Advertisement

Familie

Agamemnon was die seun van Atreus, of miskien sy kleinseun, in welke geval sy vader dan Pleisthenes was. Sy moeder was Aerope, van Kreta, wat 'n handige skakel gelewer het tussen die Myseense beskawing van die Griekse Peloponnesos en die vroeëre Minoïese beskawing van Krete uit die Bronstydperk. Hy was getroud met Klytemnestra met wie hy drie dogters gehad het. In een weergawe is dit Chrysothemis, Laodice en Iphianassa, terwyl dit in, latere weergawes Chrysothemis, Elektra en Iphigeneia is. Agamemnon was die broer van Menelaos, die koning van Sparta.

Volgens Plato is sy naam afgelei van menein wat 'om te verduur' beteken.

Volgens Homeros het Agamemnon sy koningssepter ontvang van Zeus, asook die reg om Micene en al die Achaïese Grieke te lei. Agamemnon word beskryf as 'n groot vegter en so ook 'n waardige leier van mense. Volgens Plato is sy naam afgelei van menein wat 'om te verduur' beteken. Micene, wat 15 km van die see af in die noorde van Peloponnesos geleë is, het voorspoedig geraak en Homeros beskryf die stad as 'n 'gegronde vesting', as 'wydlopend' en as 'goue Micene’. Hierdie mitologiese welvaart word ondersteun deur die uitgrawing van meer as 15 kilogram goue voorwerpe wat uit grafte verkry is in die versterkte akropolis wat vandag nog die vlakte oorheers. Verdere opgrawings het ook aan die lig gebring dat die stad eens 30,000 vierkante meter beslaan het en die eerste keer gedurende die neolitiese tydperk bewoon was.

Lion's Gate at Mycenae
Lion's Gate at Mycenae
by Andreas Trepte, www.photo-natur.de (CC BY-SA)

Die Trojaanse Oorlog - Die begin

Ons hoofbron van inligting oor die Trojaanse oorlog is die epiese mitologiese verslag van Homeros in die Iliade, geskryf in die 8ste eeu VHJ maar seker gebaseer is op 'n veel ouer mondelinge tradisie. Die antieke Grieke self beskou die oorlog as 'n werklike konflik en dat dit in die 13de eeu VHJ plaasgevind het. Die verhaal het die stryd van Grieke teen buitelandse moondhede voorgestel, en dit vertel verhale van 'n tyd toe mans beter, bekwamer en meer eerbaar was. Na Homeros het die Trojaanse oorlog 'n belangrike tema in die Klassieke Griekse en Romeinse literatuur geword en is dit baie keer deur skrywers in werke soos Aischulos se Agamemnon, Euripides se Trojaanse Vroue en Vergilius se Aeneid herbesoek. Latere skrywers, veral Aischulos, het dele van die verhaal verander, waarskynlik vir 'n meer dramatiese effek op 'n gehoor wat al te vertroud was daarmee. Tonele uit die konflik was ook 'n gunsteling vir visuele kunstenaars vir die volgende millennium.

Verwyder Advertensies

Advertisement

Die oorlog het begin toe Parys, 'n Trojaanse prins, Helena, die vrou van Menelaos, uit Sparta ontvoer het. Parys het haar as sy regmatige beloning beskou vir sy keuse van Afrodite as die mooiste godin in 'n kompetisie met Atena en Hera op die troue van Peleus en Thetis. 'n Woedende Menelaos het 'n beroep op sy broer Agamemnon gedoen om 'n koalisiemag van Griekse krygers te skep en Helena uit Troje te red. Dit het Agamemnon gedoen, en het die mag uit stede soos Athene, Sparta, Korinthe, Rhodes en omtrent oral in Griekeland verkry en het in 'n groot vloot oor die 'wyn-donker see' na Anatolië gevaar.

Wel, dit sou hulle gedoen het as Agamemnon die godin Artemis nie ontstel het toe hy een van haar heilige takbokke doodgemaak het nie en dan nog boonop daarop geroem het dat hy 'n beter jagter was as die godin, self bekend vir haar jagvaardighede. As straf het Artemis die Griekse vloot vertraag, en slegs die offer van Agamemnon se dogter Iphigeneia sou die godin paai om wind aan die Griekse skepe te gee. Agamemnon was van plan om sy dogter te offer, maar op die laaste oomblik het die godin 'n takbok vervang met Iphigeneia. Die godin het Iphigeneia 'n priesteres in haar heiligdom in Tauris gemaak. In Aischulos se weergawe offer Agamemnon sy dogter, toe nog 'n jong kind, genadeloos op en waarborg sy vrou se ewige haat en sy eie moord later in die verhaal.

Verwyder Advertensies

Advertisement

Myth of Iphigenia Mosaic, Empuries
Myth of Iphigenia Mosaic, Empuries
by Mark Cartwright (CC BY-NC-SA)

Agamemnon Ontstel Achilles

Nadat die aanvallers uiteindelik by Troje uitgekom het, is die volgende nege jaar deur die Grieke deurgebring om die goed versterkte stad te beleër.  Verskeie skermutselings het ontstaan in die tyd, maar soos die Iliade vertel, was die tyd naby vir die beslissende oomblikke van die oorlog. Agamemnon het sy volgelinge so opgewek:

Laat elkeen van u goed voorberei vir die geveg; plaas 'n goeie voorsprong op u spiese, en hou 'n goeie hang aan u skilde, gee 'n goeie voer aan u vinnigvoetige perde, en gooi 'n goeie oog oor u strydwaens, sodat ons die hele dag die verhoor van haatlike Ares kan voer. (Iliade, boek 2, 380-384)

Na 'n ander onoortuigende botsing het dinge uiteindelik meer interesenant geword met 'n paar een-tot-een-gevegte, eers tussen Menelaos en Parys, en daarna Ajax teen Parys se broer Hektor. Geen tweegeveg het op 'n noodlottige wyse geëindig nie. Nog skermutselings het gevolg en Agamemnon het uitgeblink:

Verwyder Advertensies

Advertisement

Soos wanneer die vernietigende vuur op 'n dik bosstruik val, en die wind dit oraloor wuif, en die bosse in die oorweldigende aanslag van die vlamme afgebring word, so het die vlugtende Trojane onder Agamemnon, die seun van Atreus, verval terwyl baie sterk perde leë strydwaens getrek het langs die weë van die geveg en hulle het die edele vegters wat hulle beman het vermis: maar hulle lê dood op die grond, 'n gesig om die aasvoëls bly te maak, nie hul vrouens nie. (Iliade, boek 11, 155-162)

Hy het immers die Grieke se grootste vegter, Achilles, ontstel toe hy rang getrek het en die held se vroulike oorlogs buit Briseis vir homself geneem het.

Ondanks sy bekwaamheid is Agamemnon deur Koon in die arm gesteek, wat met sy kop vir sy aanval betaal het, en die koning het in sy kamp gaan herstel. Die volgende groot gebeurtenis was toe die Trojane die Griekse kamp aanval en hul skepe aan die brand steek. Dinge het vir die Grieke glad nie goed verloop nie en Agamemnon het grootliks die skuld gekry. Hy het immers die Grieke se grootste vegter, Achilles, ontstel toe hy rang getrek het en die held se vroulike oorlogs buit Briseis vir homself geneem het. As gevolg daarvan het Achilles geweier om verder te veg. Agamemnon het vir Odysseus gestuur om Achilles te oorreed om weer die slagveld toe te tree op die belofte van groot skatte. Achilles het geweier maar, eers toe sy groot vriend Patroclus deur Hektor gedood is, het hy sy wapenrusting aangetrek en die Grieke gehelp om die inisiatief in die oorlog te herwin deur Hektor dood te maak. Die oorlog het egter steeds voortgedreun en dit was slegs Odysseus se vindingryke idee met die Houtperd wat die Grieke in staat gestel het om die stad binne te kom, wat uiteindelik die val van Troje gebring het.

Keer Terug Huistoe en Dood

Toe Agamemnon in glorie na Micene terugkeer met sy prys, die Trojaanse koning Priam se dogter, Kasssandra, is hy, helaas, deur sy jaloerse vrou, Klytemnestra, en haar minnaar Aegisthus vermoor. In latere weergawes van die verhaal vermoor Klytemnestra haar man in die bad met 'n mes. In albei weergawe het Agamemnon egter gesterf. Daar word gesê dat sy lot 'n regverdige straf van die gode was omdat hy buitensporig geëis het dat hy die buit van Troje slegs 50/50 met hulle sou deel. In die dinastiese rusies wat so gereeld in die Griekse tragedie voorkom, het Orestes, Agamemnon se seun, agt jaar na die gebeurtenis en geïnspireer deur Apollo, wraak geneem op sy moeder vir haar aandeel in die moord op sy vader. Orestes word dan op sy beurt gekwel deur die gevleuelde Eriniërs, die wraakgodinne. Agamemnon is egter nie heeltemal klaar met die Griekse mitologie nie, want hy verskyn weer wanneer Odysseus na Hades reis in Homeros se Odussee. Die dooie koning verduidelik aan Odusseus sy ondergang:

Poseidon het nie my skepe verwoes met vreesagtige storms en stormwinde nie, en ek het ook nie teen enige vyandige stam op die land geval nie. Dit was Aegisthus wat my vernietiging beplan het en my saam met my vervloekte vrou doodgemaak het. Hy het my na die paleis genooi, hy het my bederf en hy het my doodgemaak soos 'n man 'n bees op sy krip doodmaak. Dit was my jammerlikste einde. (Odussee, boek 11, 406-413)

Die Trojaanse Oorlog in Argeologie

'n Konflik tussen die Grieke van Micene en die Hetiete in Anatolië het moontlik in die laat Bronstydperk voorgekom. Argeologiese opgrawings in Troje het aan die lig gebring dat Troje VI (ongeveer 1750-1300 VHJ), een van die vele lae in die geskiedenis van die terrein, die waarskynlikste kandidaat is vir die beleërde stad van Homeros se Trojaanse oorlog. Indrukwekkende vestingsmure wat 5 meter dik en 8 meter hoog is en verskeie torings bevat, pas beslis in die Homeriese beskrywing van 'sterk geboude Troje'. Die onderste stad beslaan 'n indrukwekkende 270.000 m² wat beskerm word deur 'n omringende rotsgraaf en dui op 'n groot stad soos die Troje van tradisie.

The Trojan Horse
The Trojan Horse
by Tetraktyas (CC BY-SA)

Troje VI is ook gedeeltelik vernietig, met bewyse van vuur, en interessant genoeg is daar bronspyle, spiespunte en slingervelle in die vestingmure gevind, wat sterk dui op 'n soort konflik. Die datums hiervan (ongeveer 1250 VHJ) en die vernietiging van die terreine stem ooreen met Herodotus se datums van die Trojaanse oorlog. Dit is uiters onwaarskynlik dat die 10-jarige konflik van Homeros regtig plaasgevind het, maar die mite kan heel moontlik gebaseer wees op kleiner, meer herhaalde konflikte tussen die Miceniërs en Hetiete, aangesien hulle geveg het vir die beheer van winsgewende handelsroetes in die Egeïese See.

Die Masker en Graf van Agamemnon

Die sogenaamde 'Doodsmasker van Agamemnon', wat 'n goue begrafnismasker uit Grafsirkel A is,  is gevind in Micene en dateer uit die middel van die 16de eeu VHJ. Die masker, een van vyf in werklikheid, het Agamemnon dus met 400 jaar vooruitgegaan, maar dit bly nietemin 'n goeie bewys van Homeros se beskrywing van Micene as 'ryk aan goud'. Die verwantskap aan Agamemnon is die eerste keer voorgestel deur Heinrich Schliemann, wat in die 18de eeu HJ. Troje en Micene opgegrawe het. Die masker is op die gesig van die oorledene gelê en volgens sommige geleerdes was dit 'n vroeë poging tot portrette in Europese kuns. Die masker word permanent uitgestal in die Nasionale Argeologiese Museum van Athene.

Net buite die akropolis van Micene is die gevierde tholos-graf, bekend as die skatkis van Atreus. Dit is 'n monumentale sirkelvormige gebou met 'n stoepdak wat 'n hoogte van 13,5 m bereik en 'n deursnee van 14,6 m het. Dit word deur 'n lang ommuurde en onafgedekte gang van 36 m en 6 m breed benader. Aangesien daar geen geskrewe of skilderagtige bewyse is nie en dat dit dateer uit die 14de eeu VHJ is dit weereens te vroeg om met die mitiese Agamemnon verband te hou. Dit is interessant dat kultusse van Agamemnon wel in latere eeue ontstaan ​​het nadat die Miceniërs lankal verdwyn het, veral in Micene waar geglo is dat sy graf geleë is. Ook in Chaeronea, Klazomenai, Tarentum, en in Laconian was beweer dat daar n graf van 'n groot mitiese koning geleë is wat in die tyd van helde Griekeland regeer het.

Verwyder Advertensies

Advertensie

Oor die Vertaler

Willem du Plessis
Willem is interested in Ancient Cultures specifically Classical Studies and the Ancient Near East as well as war, peace, and politics in these societies. He is pursuing post-graduate studies in the near future.

Oor die Skrywer

Mark Cartwright
Mark is a history writer based in Italy. His special interests include pottery, architecture, world mythology and discovering the ideas that all civilizations share in common. He holds an MA in Political Philosophy and is the Publishing Director at AHE.